Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING
" Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING [boodskap #18272] Wo, 14 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KAAPSTAD '76
Ferdi Greyling

die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hul dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang

gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word

Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?


(Donga)
Vorige onderwerp: Afrikaanse gedigte op die groep
Volgende onderwerp: "Herfs, Oudtshoorn" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:01:58 MGT 2024